top of page

Die begin.

 

Pierre en Reinette Venter

 

Pierre  het sy loopbaan begin as 'n polisieman en later as verkeersbeampte diens gedoen. In 1994 het hy sy eie motorbestuurskool in Welkom bedryf met 'n tak in Kroonstad. Reinette was 'n eiendomsagent.

 

In 1995 verkoop hulle die hele kaboedel en trek Kaap toe. Hulle sou beide in die eiendomsbedryf werk en stinkryk word. Die realiteit van lang tye sonder inkomste, wat die bedryf kenmerk, het gou duidelik geword. Hulle moes vinning ander planne maak toe al die harde werk in Kuilsrivier slegs een eiendomstransaksie oplewer.

 

In 1996 kom die franchise vir "One Price" in Hermanus oor hul pad en begin hul loopbaan as kleinhandelaars by Mitchelstraat nommer 10.

 

Hul dogter, Talita, het op daardie stadium as chef by Mediclinic gewerk en het op trou gestaan. Sy wou egter nie ‘n goeie betrekking opgee nie. Haar verloofde, Johan, was in die vloot, maar wou baie graag sy pakket neem en ook iets anders doen. One Price was te klein om 2 gesinne te onderhou en maak hulle weer planne onder veel gebed.

 

Hulle deel oor al die jare ‘n liefde vir tweedehandse winkels en woon graag veilings by. Skuins oorkant, One Price, by Mitchelstraat 15 was ‘n tweedehandse winkel waar hulled an ook gereeld gaan “snuffel” het. Dit was selfs ‘n tydverdryf tydens ‘n naweek weg of tydens vakansies.

 

Die dag toe Pierre oor stap en vir die ou man wat daar was ‘n aanbod maak op die paar stukkies meubels in die winkel was da nook onafwendbaar. Hul wou nie die bestaande (Engelse) naam behou nie en sit koppe bymekaar vir ‘n nuwe naam. Die herdoopte “Snuffels” begin amptelik sy bedrywighede in Januarie 1999 te Mitchelstraat 15, Hermanus. Hul pasgetroude skoonseun, Johan, het pakket gevat by die vloot en gedurende Mei van daardie jaar by hulle aangesluit.

Die naam Snuffels het net natuurlik gekom! Die publiek het die naam egter aan die “Snuffelgids’’gekoppel, ‘n koop en verkoop bylaag tot die Kaapse koerant, Die Burger. Johan gebruik inisiatief en skilder hul eie snuffelhond op die muur agter die toonbank.

Die besigheid is ‘n sukses en binne 2 jaar is die perseel te klein! Daar is ook voortdurend ‘n gesukkel met parkering. Hul reken dit sal soveel makliker wees vir kopers om lekker te “Snuffel” as hulle naby die ander tweedehandse winkels geleë is. Hulle vind ‘n nuwe, groter tuiste by Mimosa straat 16 in die ou industriële gebied, wat da nook die huidige adres  is. Die groot trek vind plaas tydens die Walvisfees op 28 September 2001.

 

Hulle huur die gebou by die destydse eienaar Kotie Pepler. Hulle het baie planne en ‘n versoekword toegestaan met Koitie wat later vir hulle die glas ingang en motorafdak buite oprig. Die besigheid groei steeds en nog ‘n versoek in 2003 vir bykomende vloerspasie in die vorm van dek word toegestaan.

 

 

 

Die winkel was hul trots en en ‘n vreugde omdat hulle nooit kon raai wat op enige dag sou gebeur of wie hul sou ontmoed nie. Klante was verbaas oor hoe skoon en netjies die winkel was wanneer hulle ingekom het op soek na die tweedehandse winkel. Hulle leef hul passie uit deur meubels af te skuur, te olie of te verf. Reinette het verweerde materiaal vervang of selfs ander kussings gemaak. Geen stukkende item is op die vloer toegelaat nie en breekgoed met ‘n splinter is summier weggegooi.

 

Hul onthou hoe druk dit gegaan het tydens die aanbou van Golden Harvest aftreeoord in Sandbaai. Heelwat klante het sommer volledige huisinhoud verkoop! Hulle verkoop in daardie jare, buiten tweedehandse meubels, ook nuwe dennehout meubels en matrasse. Nuwe hangkaste en kombuiskaste was in groot aanvraag.

 

Dit het soms rof gegaan en daar was tye dat hul personeel selfs deurkosyne moes afhaal om ‘n stoof of wasmasjien by ‘n huis in te kry. Geen moeite is egter ontsien om ‘n transaksie te beklink nie al het dit beteken dat meubels met toue van balkonne laat sak moes word! Selfs glibberige modderpaaie kon hulle nie stuit nie. Vol vragte aangekoopte meubels is gly-gly met 4x4 trek winkel toe gekarwy.

 

Donderdagaande is veilings in die Strand bygewoon en Vrydae vroeg ry die manne om die nuwe aankope te gaan haal. Tweedehandse kombuisgoed en breekware het soms 2 dae geneem om te was, te sorteer en te merk. Soms was die items wat hulle gekoop het so oud of vreemd dat die hulp van Beth en Noel of Chillie Pepper ingeroep moes word om dit te identifiseer. Daar is elke dag iets nuut geleer.

 

Hul klante raak soos familie. Beroemdes en TV sterre besoek die winkel, asook gereelde oorseese klante soos Mev. Appelmoesh van Holland en Jana van Italië. Oom Dolf van Sandbaai het alles van hout geweet en kon antieke goed regmaak. As Gert Yskas dit nie kon regmaak nie kon dit maar herwin word. Die beroemde (en soms berugte) trappe word na ‘n rug- of heupoperasie gebruik vir oefening. Personeel van ander besighede in die omgewing kom tydens hul etenstyd inloer om net bietjie gemaklik te sit en na die rustige musiek te luister. Reinette was die DJ en hetelke dag 2 keer die 5 CD`s gelaai. Musiek was baie belangrik en in Reinette se woorde, “It sets your mood and lets you linger longer”.

Interne diefstal en ‘n swak ekonomie dwing hulle uiteindelik om die winkel aan die einde van 2006 te verkoop aan Neels Marais en sy vrou, Anna-Garetha. So sluit die hoofstuk van ‘n baie gelukkige tyd in hul lewe af. Hulle dink steeds met heimwee aan die winkel en al die interessante mense en dinge wat daar oor hul pad gekom het.

Snuffels 2.0
 

Neels en Anna.jpg

Chapter 2 is on it's way...

bottom of page